SPINASIE-EN-SPEKTERT

Dankie vir jou resep Lesijha
Bestanddele

400 g klaarbereide blaardeeg
250 g spek, gekap
100 g spinasie, gekerf
2 knoffelhuisies, fyngemaak
*100 g bloukaas, gekrummel
*100 ml crème fraiche
1 eier, liggies geklop
sout en vars gemaalde swartpeper
* 50 g parmesaankaas, gerasper
*(ek gebruik sommer net chedder- en goudakaas, anders is dit te reik vir ons)

Metode
Sit deeg op ‘n gesmeerde bakplaat. Verhit ‘n groot braaipan en braai die spek liggies in sy eie vet, voeg die spenasie en knoffel by en soteer tot die spinasie slap raak. Meng al die kase en eier, geur na smaak, voeg by die spekmengsel en verspei dan die vulsel oor die deeg. Sprinkel parmesaan (of gewone kaas) oor en bak 20 tot 25 min by 180°C tot gaar is en deeg pofferif en goudbruin om die rand is. Variasie: Vervang die spek deur jou gunsteling groente vir ‘n smaaklike vegetariese gereg

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 182 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *