VIS- ASPERSIE- SOUTVLEISTERT

Nog n wenner van lesijha

Bestaddele
1½ k meel
1 eier
2 t bakpoeier
¾ k margarine (125 g)
1 eetlepel asyn

Metode
Vryf margarine met vingerpunte in droë bestanddele
Meng met geklitsde eier en asyn
Druk in tertbord (2 klein of 1 groot)

Vulsel:
1 blik pilchards (groot) in tamatiesous
1½ k sap van vis en melk tesame
1 opgehoopte eetlepel maizena (in melk opgelos)
1 – 2 eiers geskei
2 eetlepels margarine
sout & peper
1½ k gerasperde kaas

Metode
Smelt margarine. Voeg melk/maizena mengsel by en kook tot dik. Haal van stoof af en roer in fyn gedrukte vis en geklitsde eiergeel. Vou styfgeklopte eierwitte in en giet in kors. Bedek met kaas en bak by 180°C tot gestol

Wenk
Pilchards kan vervang word met enige van onderstaandes:
1 blik aspersiestukke (gebruik sap om 1½ k melk vol te maak)
1 blik soutvleis
Haddock sag gekook (gevlok) + 1 t mosterd + 1 t suiker

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 122 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *