Wildsfilet

Bestanddele en Metode Fillet
Neem heel filet van ‘n groter boksoort. Steek gate in met ‘n mes. Strooi sout en peper. Sorg dat die sout in die gate ingaan.

Bestanddele Braaisous
1 Koppie olie
6 Fyngedrukte knoffelhuisies
Braai knoffel in olie tot gaar

Bestanddele en Metode Sampioensous
Braai 1 fyngesnyde ui, 2 fyngedrukte knoffelhuisies en 2 koppies fyngesnyde sampioene in egte botter .
Sodra dit gaar is voeg by:
2 Teelepels Crown droë pietersielie
2 Koppies room
1 Koppie Melk
1 Koppie semi-soetwyn
1 Blokkie vleisaftreksel
Proe en voeg sout by na smaak. 2 tot 3 Teelepels vlapoeier om sous te verdik. Maak die sous sodra die vleis gaar is en bedien warm. Rol die filet in die braaisous en braai oor die kole op ‘n rooster. Draai gereeld om en verf die filet met die geoliede knoffel. Sodra die filet gaar is, vlek dit oop en bedien warm met sampioensous.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 417 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *