Arm man se poeding

Bestanddele Poeding
1 koppie meel
1 eetlepel botter
¾ koppie suiker
1 desertlepel appelkooskonfyt
1 eier
1 teelepel asyn
1 gelyke teelepel koeksoda
1 koppie melk

Metode Poeding
Meng meel en suiker en vryf botter in. Klits eiers en konfyt saam. Voeg by eerste mengsel. Meng melk met koeksoda en asyn en voeg by mengsel. Bak vir 30min by 180ºC.

Bestanddele Sous
1 koppie room
¾ koppie suiker
¼ koppie botter
½ koppie kookwater

Metode Sous
Kook alles saam. Gooi warm oor poeding wanneer uit die oond kom. Bedien warm of afgekoel met vla.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 9,162 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *