Bessies-, klapper- en nougatroomys

Dankie Melinda

2 liter vanieljeroomys, net begin om sag te word
500 g gemengde bessies *
1 koppie (250 ml) klapper
200 g nougat

Braai die klapper in ‘n pannetjie op die stoof om te verbruin. Jy moet dit net mooi dophou, dat dit nie brand nie. Hou eenkant.
Sny die nougat in klein stukkies.
Indien jy gevriesde bessies het, moet jy dit in ‘n vergiettes gooi om al die vloeistof te laat afloop.
Meng dan die klapper, nougat en bessies by die roomys en vries dit.

* Gevriesde bessies, wat ontvries is, werk beter in die roomys as vars bessies. Die vars bessies vries binne in ook en word nie heeltemal deel van die roomys nie, maar jy kan van die vars bessies ‘n sous maak deur van hulle fyn te druk en dit dan so byvoeg.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 165 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *