Droompoeding

Onthou om die ingedampte melk oornag in die yskas te plaas
Bestanddele
1 pakkie (80g) aarbeijellie
1 pakkie (80g) suurlemoenjellie
1 koppie (250ml) kookwater
½ koppie (125ml) koue water
1 blik (380g) ingedampte melk (yskoud)
½ koppie (125ml) wit wyn
1 koppie (250ml) gesnipperde glanskersies
4 eierwitte
1 koppie (250ml) gekapte okkerneute
Vars aarbeie en geklitste room vir versiering

Metode
Los pakkies jellie in die kookwater op. Voeg die koue water by en laat heeltemal afkoel sonder dat dit begin stol. Roer die wyn in. Klits die ingedampte melk tot styf en vou in die jelliemengsel in. Klits die eierwitte tot sagte punte begin vorm en vou in die jelliemengsel in. Vou laastens die kersies en neute in. Giet mengsel in ‘n gesmeerde vorm en plaas in die yskas tot dit gestol het. Versier die nagereg met die aarbeie en room.

Wenk
Genoeg vir 8 mense

(Visited 1,641 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Laat 'n boodskap

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Verpligte velde word met * aangedui