Framboos- en- Jogurt- Roomys

Bestanddele
1 Klein bakkie (125g) vars frambose
4 eetlepels (60ml) versiersuiker
1 Groot bak (500g) framboosjogurt

Metode
Was frambose onder lopende water. Verpulp frambose in voedselverwerker tot glad. Voeg versiersuiker by en verpulp weer. Voeg verpulpte mengsel by jogurt. Roer goed deur en skep in skoon jogurt bakkies. Plaas jogurthouertjies vir 3 uur in vrieskas en druk dan roomysstokkies daarin. Plaas oornag in vrieskas.

Wenk
As roomys nie die volgende dag geëet word nie, moet die bokant met foelie of kleefplastiek bedek word. Jy kan roomys ook in houertjies verys waarin ysstokkies gemaak word. Die roomys is effens suur.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 271 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *