Jogurt-poeding/tert

Bestanddele
500ml jogurt
1 pakkie jellie
1 blikkie kondensmelk
1 houer vars room (250ml)
Grenadellamoes saam met Grenadella
Jogurt (opsioneel)
vars of ingemaakte vrugte

Metode
Gebruik enige geur jogurt van jou keuse en gebruik dieselfde geur jellie. Suurlemoenjellie is veilig om saam met alle jogurts te gebruik aangesien daar nie alle geure jellies beskikbaar is nie. Meng jellie met 1 koppie kookwater en laat afkoel.
Klits alle bestanddele goed saam tot romerig Vir poeding: Gooi in bak en laat stol in yskas. Vir tert: Pak beskuitjies of konfytrol (swissrol) in tertbak en gooi mengsel bo-oor en laat stol in yskas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,556 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *