Dankie vir hierdie resep Madelein Esterhuyse
500ml gewone jogurt
1 blik gewone kondensmelk
Tennis-beskuitjies
botter
grenadella pulp (die in die klein blikkies)
Maak krummelkors met Tennis-beskuitjies en botter. Klits jogurt en kondensmelk saam. Bak in oond vir 30 minute op 160 grade of tot gestol.
Verkoel, en smeer granadella pulp bo-oor.
Groete Madelein
Ns: Ek het die eerste keer gewonder of die mengsel ook saam kan werk. Maar dit stol en is heerlik. My seun van 14 sê dit is die heel lekkerste die 2de dag.
(Visited 1,618 times, 1 visits today)
Advertisements