Kersfees-roomys

Dankie Melinda

Oorspronklik het ek gemeen mens moet sommer net vrugtekoek en vla in jou roomys sit – maar liewe aarde, die vrugtekoeke is so duur dat daar geen manier is dat mens een net vir ‘n roomysnagereg kan koop nie. Indien jy egter aan die einde van die Kersseisoen ‘n stuk vrugtekoek het, kan jy dit verkrummel en ook ingooi! Andersins, volg eerder die metode wat volg.

2 liter vanieljeroomys, net begin om sag te word
200 g gemmerkoekies
250 ml vrugtevulsel (fruit mince)
250 ml vla

Gooi die koekies in ‘n plastiese sakkie en slaan hulle met ‘n koekroller. Meng dan die gebreekte koekies en die vrugtevulsel deeglik met die roomys. Gooi dan die vla by en roer dit met die agterkant van ‘n lepel deur om strepies vla in die roomys te maak.
Plaas in die yskas om weer te vries voor jy smul!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 541 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *