KNOFFEL-ROLLETJIES (garlic rolls) x 12

Dankie vir die resep Marietjie…

Bak in oond teen 180C x 8-11 minute.

(foto wys 2 rolletjies voordat dit gebak word en
die rolletjie aan voorkant is gebak)
Hierdie rolletjies is lekker klam.
Benodig:
12 ‘hotdog rolls’
150gr Stork Bake margarine (kamer temperatuur)
150gr egte botter (kamer temperatuur)
150ml melk
6t pietersielie (fyn gekap)
1t origanum kruie
3t (Ina Paarman) Garlic & Herbs kruie
(Opp – 150–200gr kaas van eie keuse (fyn gerasper)
Metode:
Met elektriese menger, klits botter en margarine tot lig en donserig.
Voeg melk geleidelik by en klits goed.
Voeg die kruie by en klits tot goed gemeng.
Voeg die pietersielie by.
(Opp. rasper kaas fyn en vou in bottermengsel met vurk)
Maak 6 snye (nie deursny nie) skuins in rolletjie en smeer
baie dik met knoffelbotter-mengsel.
Bak in vooraf verhitte oond (180C) vir 8-11 minute.
Bedien saam met braaivleis, lasagne of vis
L.W. Hierdie mengsel is presies genoeg vir 12 rolletjies
Rolletjies kan gevries word
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,496 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *