Koppiepoeding

Bestanddele
80ml koekmeelblom
2ml bakpoeier
30ml suiker
25g botter of margarien
30ml melk
1 eier
30ml goue stroop of konfyt

Metode
Smeer 2 koppies met margarien of botter & sif droë bestanddele saam. Smelt die botter ongeveer 1 minuut in mikrogolfoond & voeg melk en eier by. Meng goed en voeg by droë bestanddele. Meng tot glad. Skep 15ml stroop in elke gesmeerde koppie. Plaas mengsel in koppie en bedek liggies met kleefplastiek en mikrogolf 2 minute by 100% krag Laat 5 minute staan en keer uit op klein bordjie. Dien op met vla.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 429 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *