Bestanddele Poeding
220g strooisuiker
2 Groot eiers
2 eetlepels (30ml) Fyn appelkooskonfyt
½ koppie (125ml) melk
30g botter
1 teelepel (5ml) wit asyn
185g koekmeelblom
1 teelepel (5ml)
1 teelepel (5ml) koeksoda
Bestanddele Sous
1 koppie (250ml) room
125g botter
100g suiker
75 ml water
50 ml brandewyn
Metode Poeding
Stel oond op 180 ºC. Klits strooisuiker en eier tot lig klop die konfyt by. Verhit die melk, botter en asyn saam tot warm. Sif die meel en koeksoda saam. Roer om die beurt ‘n bietjie meel- en ‘n bietjie melkmengsel by die eiermengsel in. Gooi in ‘n gesmeerde oondskottel. Bak vir 45 minute in ‘n voorverhitte oond of tot toetspen skoon uitkom.
Metode Sous
Verhit al die bestanddele saam tot die suiker oplos. Prik die poeding oral met ‘n toetspen. Gooi die sous bo- oor. Bedien met koue ingedampte melk of roomys.