Roomys nagereg Eton Mess Roomys

Baie dankie vir jou resepte Melinda
300 g aarbeie, effens fyngedruk
2L vanieljeroomys
1 pakkie skuimpies, effens fyngedruk

Meng al die bestanddele tot dit net effens gemeng is en vries. Bedien roomys met vars aarbeie.

Wenk: Die mengsel kan ook in individuele koppies gevries word vir ‘n alternatiewe aanbieding. Jy kan ook die aarbeie met ander vrugte vervang en die roomys met die meer tradisionele styfgeklitste room. As jy room gebruik, pak die bestanddele eerder in lae en moenie vries voor bediening nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 183 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *