Roomys nagereg gevriesde Tiramisu

Baie dankie Melinda

100 ml sterk swart koffie
100 ml koffielikeur
1/2 pakkie vingerkoekies
2 k sjokoladeroomys*
2 k vanieljeroomys*
kakao, vir garnering

Meng die koffie en likeur. Doop die helfte van die koekies in die likeur en plaas in ‘n losbodemkoekpannetjie. Skep die sjokoladeroomys bo-oor. Doop die res van die koekies in die koffiemengsel en plaas bo-op. Skep vanieljeroomys bo-oor en sprinkel met kakao. Vries tot hard en bedien in skywe.

*Wenk: Haal die roomys ‘n halfuur voor gebruik uit die vrieskas om dit sag te kry

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 249 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *