Sjokolade-en-Neut-Wafelskywe

Bestanddele
300g donkersjokolade
2 eetlepels (30ml) botter
250g sjokoladewafelbeskuitjies
200ml kondensmelk
3 eetlepel (45ml) korrelrige grondboontjiebotter
20 ml stroop
100g witsjokolade

Metode
Smelt die donkersjokolade en roer 10ml van die botter daarby. Voer ‘n 28 x 18cm bakplaat met aluminiumfoelie uit. Smeer die donkersjokolade oor die foelie. Pak die helfte van die wafelbeskuitjies bo-op. Sny die koekies as dit nodig is sodat dit netjies pas en daar geen opening tussenin is nie. Verhit die kondensmelk, stroop en 20ml botter. Prut en roer tot die mengsel begin borrels maak. Kook die stroopmengsel vir nog drie minute, haal van die plaat af en roer die grondboontjiebotter by. Smeer oor die wafels. Pak die res van die wafels bo-op. Smeer die oorblywende sjokolade oor en sit in yskas tot hard.
Haal uit yskas sodra dit hard is en trek die foelie af. Smelt die witsjokolade. Sit die wafels op ‘n afkoelrak en drup die gesmelte witsjokolade oor. Sit in yskas tot hard. Draai die stukke om en drup die res van die witsjokolade oor die ander kant. Bêre in die yskas tot jy dit voorsit.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 167 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *