Sjokolade-fudgeroomys

Min dinge kan skeefloop wanneer jy fudge en sjokolade meng. Eintlik sommer niks! Hierdie is gevaarlik soet, maar van wanneer af is dit ‘n probleem?

2 liter vanieljeroomys, net begin om sag te word
200 g fudge
200 g sjokoladeklontjiekoekies
200 g sjokolade

Sny die fudge in klein blokkies.
Gooi die koekies in ‘n plastiese sakkie en slaan dit met ‘n koekroller in kleiner stukkies.
Smelt die sjokolade.
Meng dan die fudge en koekies met die roomys. Gooi die sjokolade in ‘n sigsagpatroon bo-op die roomys en gebruik die agterkant van ‘n lepel om dit te versprei. Dit moet jy sommer vinnig doen want die sjokolade begin dadelik hard word.
Plaas die roomys terug in die vrieskas voor jy eet.
________________________________________

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 150 times, 1 visits today)
Advertisements
 

2 thoughts on “Sjokolade-fudgeroomys”

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *