Sjokoladepoeding met taai binnekant

Bestanddele
240g donker sjokolade met amandels, gekap
110g ongesoute botter, gekap
4 groot eiers plus 1 groot eiergeel
100g strooisuiker
1 teelepel (5ml) vanilla
‘n groot knippie sout
20g gewone meel

Metode
Plaas 6 ramekins vir ‘n halfuur in yskas, haal uit en smeer goed of bespuit met Spray & Cook. Plaas terug in yskas. Smelt sjokolade en botter in ‘n bak oor ‘n kastrol kokende water (moenie die bak aan die water laat raak nie). Wanneer dit gesmelt is, roer tot egalige tekstuur verkry word. Laat afkoel. Klop eiers, eiergeel, strooisuiker, vanilla en sout in ‘n groot bak tot dik en romerig. Voeg sjokolademengsel by verroomde eiers tesame met meel en vou dit liggies in tot dit goed gemeng is. Skep mengsel in ramekins en plaas weer vir 30 minute in yskas. (Oornag is beter, as jy tyd het). Voorverhit oond tot 200 ºC en bak vir 15 minute. Die buitekant sal korserig wees en die nagereg kan nog ‘n bietjie drillerig lyk. Laat staan vir 2 minute en maak dan met skerp mes los. Keer om in bakkie en sit dadelik voor met crème fraîche.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 453 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *