Sjokoladepoeding

Betsanddele Poeding
250ml Meel (1 k)
12,5ml Kakao (1 e)
190ml Water (¾ k)
3ml Vanilla Geursel (½ t)
1 Eier
3ml Sout (½ t)
190ml Suiker (¾ k)
15ml Bakpoeier (3 t)
60ml Botter (¼ k)

Bestanddele Stroop
500ml Water (2 k)
375ml Suiker (1 & ½ k)
25ml Kakao (2 E)
Metode
Voorverhit die oond op 180ºC. Klits suiker, eier, botter en vanilla tot romerig. Sif meel, kakao, sout en bakpoeier saam. Voeg meelmengsel en water om die beurt by eiermengsel en klits tot deeg glad is. Gooi in gesmeerde pan. Kook al die stroop bestanddele saam ofmikrogolf vir 5 minute by 100% krag. Gooi warm stroop oor die deeg en bak vir 35 minute by 180ºC. Bedien met warm/ koue vla of vanillaroomys.

Wenk
Die poeding kan warm of koud bedien word. Die poeding bak uitstekend in ‘n ringpan.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 217 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *