BRANDEWYN-MUFFINS (20±) (of Brandewyntert x 2)

Dankie Marietjie le Roux
 
Oond –  160/170C x 25min
Bak een stelling bokant middel van oond
 
ROER            1 pakkie 250gr dadels met 250ml kookwater – laat effens afkoel en
                      gooi by 5ml koeksoda, 5ml vanillageursel en paar druppels amandelgeursel.
 
ROOM          125gr margarine met 125ml strooisuiker.Klits goed – voeg by 2 eiers – een
                      vir een en klits goed.
 
SIF SAAM    375ml meel, ¼t sout, 5ml bakpoeier, ½t kaneel en ½t gemengde speserye en
                     voeg by roommengsel (bostaande)
Wanneer meel klaar ingemeng is, meng dadelmengsel by.
(Opp – neute, kersies, )
Gooi mengsel in gesmeerde muffinpanne (holte 2/3 vol)  of 2 gesmeerde tertborde.
Bak – 160/170C x 25min. (bokant middel van oond)
 
STROOP       200ml kookwater, 100ml suiker, 1 eetl botter, knippie sout – roer tot gesmelt.
                       Voeg by ½t vanillageursel EN 100ml brandewyn.
                       Dip elke muffin (effens afgekoel) in stroop en plaas op draadrak (of gooi oor warm terte)
Muffins kan met room, roomys of vla bedien word. Vries baie goed. Bedien saam met tee/koffie of as nagereg.
Ek maak die resep dubbeld aan dan is daar baie wat ek kan vries – dit is so handig!
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 208 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *