Suurlemoen meringue kaaskoek

Dankie Okkie C. Jansen van Vuuren
Bestanddele

Kors
500 gram Marie of tennisbeskuitjies gekrummel
220 gram botter gesmelt
Vulsel
2 houers roomkaas
2 blikke kondensmelk
4 eiers geskei
30 ml gerasperde suurlemoenskil (opsioneel)
120 ml suurlemoen of lemmetjiesap
250 milliliter strooisuiker
Voorverhit oond tot 200 grade C en smeer ʼn 22 Cm veerklamp se boom en kant
Metode
Kors
Meng koekiekrummels en gesmelte botter deeglik
Druk ʼn derde van die mengsel op die boom van pan en die res teen die kant van die pan vas
Vulsel
Klits roomkaas tot glad. Klits kondensmelk  suurlemoen en eiergele by en laaste die suurlemoensap en giet die mengsel in kors
Klits eierwitte tot sagte punte begin vorm en voeg strooisuiker geleidelik by tot mengsel styf glad en blink is. Skep dit bo-op die vulsel en bak ongeveer 15  tot 20 minute tot die meringue mooi bruin is.
Laat heeltemal in pan afkoel voordat pan losgemaak word
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 484 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *