Veldmuise

Bestanddele
2 pakkies lemmetjiejelliepoeier                                               
1 blik peerhalwes
Amandels vir ore                                                                            
Rosyne vir ogies
Klein malvalekkertjies of skoenriemdrop vir sterte         
Kersies vir die mondjie
Metode
Berei die jellie voor volgens aanwysings op die pakkie. Gooi die jellie in ‘n plat bak en plaas in koelkas om effens te stol. Rangskik die peerhalwes bo-op die jellie. Druk amandels in die peerhalwes vir ore. Gebruik rosyne vir ogies. Sny kersies in kwarte en plaas heel voor vir die mond. Klein malvalekkers word agter aangeheg vir sterte. Plaas in die koelkas totdat jellie heeltemal gestol is.


Print Friendly, PDF & Email
(Visited 106 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *