Bestanddele
1 pakkie suurlemoenjelliepoeier
knippie sout
250ml kookwater
750ml melk
125ml suiker
20ml vlapoeier
3 eiers, geskei
Netode
Meng die jelliepoeier en sout met die kookwater tot opgelos en hou eenkant op die stoof om warm te bly. Maak vla van die melk, suiker en vlapoeier. Klop intussen die eierwitte styf en klits die eiergele. Wanneer die vla gaar is, verwyder van hitte en roer die geklitste eiergele vinnig daarby in. Plaas terug op die stoof en roer die warm jellie by. Kook ‘n minuut lank stadig Verwyder van die stoof en vou die styf geklopte eierwitte met ‘n metaallepel in. Giet uit in’n opdienbak en laat afkoel. Plaas in yskas tot yskoud.
(Visited 158 times, 1 visits today)
Advertisements