Bestanddele
500ml gaar rys, baie sag gekook
700ml melk
125ml suiker
2 eiers, geskei
5ml vanillageursel
125ml pitlose rosyne
30ml strooisuiker
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Verhit die rys, melk en suiker saam tot kookpunt en kook totdat die mengsel verdik. Klits die eiergele en vanillageursel liggies saam. Voeg 30 – 45ml van die warm rysmengsel by die eiergeelmengsel terwyl goed geroer word. Die eiermengsel moet nie te vinnig verhit word nie. Voeg nou die eiermengsel by die rys en laat dit ‘n minuut lank kook. Verwyder van die stoof en voeg die rosyne by. Skep dit in ‘n gesmeerde oondskottel. Klits die eierwitte styf. Klits die strooisuiker geleidelik by totdat die eierwitmengsel stywe punte vorm. Bedek die rysmengsel met die eierwitmengsel. Bak ongeveer 20 minute of tot die eierwit verbruin.
Advertisements
Baie dankie! Die hoeveelheid verdubbel en dit het heerlik uitgekom!
Dankie dat jy laat weet het….