Sagopoeding


 

Bestanddele
100ml sago                                                                                        
750ml melk
45ml suiker                                                                                         
15ml gouestroop
4 eiers, geskei (verdeel die eierwitte in twee) knippie sout
25ml margarien                                                                                 
5ml vanillageursel
appelkooskonfyt
Metode
Voorverhit die oond tot 180°C. Kook die sago, melk, 15ml van die suiker, gouestroop en sout saam tot die sago deurskynend en gaar is. Roer gereeld. Verwyder van hitte en laat effens afkoel. Klits die eiergele en roer vinnig saam met die margarien en geursel by die mengsel in. Klits helfte van die eierwitte styf en vou by die mengsel in. Skep in ‘n gesmeerde oondskottel en bak 20 minute. Skep ‘n paar klontjies appelkooskonfyt bo-op wanneer dit uit die oond kom. Klits die orige eierwitte styf en voeg die orige 30ml suiker bietjies-bietjies by. Klits goed na elke byvoeging Skep oor die poeding Bak nog 15 minute of tot die eierwitte goudbruin is. Sit warm voor.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,064 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *