Erika se Souttert Resep

Bestanddele
450ml Melk of 250ml melk en 250ml room
3 Eiers
1 pak Bacon (die wat so klein gesny is)
1 groot ui, opgekap
125ml koekmeelblom
sout
aromat
peper
sweet basil
Cheddar Kaas en Mozarella Kaas

Metode
Braai bacon en ui tot bruin. Intussen klits die eiers, melk (melk en room), koekmeelblom, sout, peper, aromat, sweet basil. Raper die kaas, (ek vat baie meer as net 500 ml kaas), voeg die ui en bacon by res van die bestandele. Spuit Pyrex bak met SPRAY AND COOK. Gooi die mengsel in bak, en bak tot gaar.

Vir afwisseling. Ek het dit al gemaak met maalvleis wat ek saam die ui braai. Heerlik. Kan ook gemaak word met blikkie bully beef. Kan ook gemengde koue vleis gebruik. Of viennas – maar vir my was dit nie baie lekker met viennas nie. Selfs gaar hoender kan gebruik word. Kaas soos jy daarvan hou, bietjie, of baie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,704 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *