Ertjie slaai (1)

Bestanddele

1 blik ertjies
1 blik botterbone
1 medium ui                                                                                       
1 medium groen soetrissie
¾ koppie mayonnaise                                                                  
 ¼ koppie kondensmelk
½ koppie gedroogte sultanas /2 piesangs/ geblikte perskes – fyn opgesny
1 teelepel mosterdpoeier opgelos in 2 teelepels asyn
sout en suurlemoenpeper na smaak
Metode
Kap die ui en groen soetrissie fyn op en meng eenvoudig met al die bestanddele saam.
Let wel: jy kan die sultanas/piesangs/geblikte perskes nie saam gebruik nie, maar jy kan dit wel om die beurt probeer en elke keer is jou slaai ‘n wenner. As jy piesangs wil gebruik, voor jy dit in die res van die bestanddele meng, gooi net eers ‘n bietjie suurlemoensap oor sodat die piesangs nie verbruin nie. Kan meer piesangs bysit om die slaai te rek. Bedien 6-8 mense.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 1,821 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *