Bestanddele
250ml skulpnoedels, gekook en afgekoel
2 blikkies (200g elk) tuna, gedreineer en gevlok
1 groot tamatie, gekap
1 ui, gekap
1 soetrissie, gekap
1 appel, gekap
200ml mayonnaise
knippie sout
3ml kerriepoeier
12,5ml blatjang
4-6 slaaiblare
Metode
Meng die noedels, tuna, tamatie, ui, soetrissie en appel in ‘n slaaibak. Meng die res van die bestanddele, behalwe die slaaiblare, en giet oor die tunamengsel. Roer liggies tot gemeng Sit voor op die slaaiblare.
(Visited 4,377 times, 1 visits today)
Advertisements