Basiese braaisous

Bestanddele
100ml olyfolie of kookolie                                                             
1 ui, in skywe gesny
1 knoffelhuisie, gekneus                                                               
250ml tamatiepuree
125ml suurlemoensap of asyn
Metode
Verhit olie in ‘n klein potjie en braai ui en knoffel liggies totdat ui deurskynend is. Voeg tamatiepuree en suurlemoensap by en prut 15 minute. Heerlik saam met bees-, lams- en varkvleis, hoender en wildsvleis.
Wenk
Vir ekstra geur, voeg die volgende by : tikkie Worcestersous, tabascosous of rissiesous; ‘n knippie rooipeper, 10ml Franse mosterd of 10ml sojasous; 30ml heuning of 30ml
bruinsuiker.
Monkeygland-sous
Voeg 60ml Worcestersous, 15ml blatjang en 5ml mosterdpoeier by Basiese braaisous en meng goed.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 116 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *