Beskuit

 Dankie vir jou resep Lesijha

1 kg bruismeel
10 ml (2 t) sout
10 ml (2 t) bakpeoier
500 ml (2 k) muesli
250 ml (1 k) sonneblomsaad, gerooster
1 pakkie (100 g) pekanneute, gekap
125 ml (l/2 k) klapper
500 ml (2 k) semel-ontbytgraanvlokkies
500 ml (2 k) bruinsuiker
2 ekstragroot eiers
500 g margarien, gesmelt
500 ml (2 k) karringmelk
1 groen appel, geskil en terasper

Hierdie beskuit wemel van allerhande lekker goed  appel, neute, klapper muesli, sonneblomsade en ontbyt graanvlokkies.

Voorverhit die oond tot 180 C. Smeer 3 broodpanne, 2 van 29 x 11 x 8 cm en 1 van 23 x ll x 1l cm, goed met
botter of margarien of spuit met kleefwerende kossproei.

Meng die droe bestanddele. Voeg die bruinsuiker by. Klits die eiers en voeg die res van die bestanddele  by. Voeg dit noy by die droe bestanddele.

Meng goed en skep in die voorbereide panne. Maak gelyk bo-op en bak 45-60 minute lank in die voorverhitteoond tot gaar en ‘n toetspen skoon uit die middel van die broode kom. Laat effens afkoel, keer op draadrakkie uit en sny in vingers waneer goed afgekoel, plaas op bakplate en droog 100 C uit. Bere in lugdigte houers.

Lewer + 90 stukke.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 437 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *