Appeltert Verrassing

Bestanddele
400g bevrore skilferdeeg, ontdooi                                          
200ml melk
2 eetlepels (30ml) margarien                                                     
½ koppie (125ml) brandewyn
1 teelepel (5ml) fyn koljander                                   
140 ml strooisuiker
3 eetlepels (45ml) vlapoeier                                                       
½ koppie (125ml) versiersuiker
6 tertappels                                                                                       
1 teelepel (5ml) fyn kaneel
½ teelepel fyn neutmuskaat                                                      
2 eiers, geklits
Voorverhit die oond tot 200 ºC
Metode
Plaas ‘n groot bord (25 cm deursnee) op deeg en sny rondom die bord. Prik die deeg hier en daar met ‘n vurk, plaas op ‘n bakplaat en bak vir 15 minute tot goudbruin. Meng die vlapoeier en 50 ml van die melk om ‘n gladde pasta te vorm. Verhit die orige melk tot kookpunt, voeg die versiersuiker by die kokende melk en roer om dit op te los. Roer ‘n bietjie van die warm melk by die vlamengsel, giet terug in die kastrol en bring oor matige hitte tot kookpunt. Roer aanhoudend totdat die mengsel verdik. Roer die margarien by en laat afkoel. (Bedek die kastrol met ‘n bord om te verhoed dat ‘n vel vorm.) Skil, ontkern en sny die appels in blokkies. Sprinkel helfte van die brandewyn en al die speserye oor die appels.  Giet die oorblywende brandewyn in ‘n braaipan, voeg die strooisuiker by.
Sodra die mengsel begin karameliseer, kan die appels bygevoeg word. Laat ‘n verdere 10 minute oor hoë hitte kook, roer aanhoudend. Smeer die koue vla eweredig oor die gebakte deeg en plaas die warm appelmengsel bo-op. Sit dadelik voor met styfgeklopte, vars room.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 231 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *