Bestanddele
250g dadels
250ml kookwater
15ml koeksoda
62ml margarien
250ml suiker
1 eier
375ml koekmeelblom
1,25ml sout
1,25ml bakpoeier
250ml fyngekapte neute
Sous
450ml suiker
250ml water
12,5ml margarien
12,5ml vanielje
125ml brandewyn
Metode
Voorverhit oond tot 180°C. Spuit ‘n 2 liter tertbak. Kerf die dadels fyn en voeg die kookwater en koeksoda by. Laat afkoel. Room margarien en suiker en klop die eier by. Voeg die meel, sout, bakpoeier, dadels en neute by en meng goed. Skep in tertbak en bak vir 35 min.
Metodde Sous
Kook die suiker en water vir 5 min. Haal van die stoof af en voeg die margarien, vanielje en brandewyn by. Roer goed en gooi warm oor die tert. Bedien met geklopte room waarby 5ml rumgeursel gevoeg is.
(Visited 6,473 times, 1 visits today)
Advertisements