Griekse Vlatert

Bestanddele Stroop
360ml suiker                                                                                      
1 teelepel (5ml) suurlemoensap
2 kaneelstokkies                                                                             
1 ½ koppie (375ml) water
Bestanddele Vulsel
1,5 liter melk                                                                                     
1 koppie (250ml) botter
200ml Tasty Wheat (semolina)                                  
180ml suiker
skil van 1 lemoen, in repies gesny                                            
6 eiergele, geklits
Bestanddele Kors
500g filodeeg                                                                                     
 2 ½ teelepel (12,5ml) kaneelsuiker
100ml botter, gesmelt
Metode
Voorverhit oond tot 180 ºC. smeer ‘n 36 x 26 cm oondbak met botter.
Metode Stroop
Kook suiker, kaneelstokkies, suurlemoensap en water vir sowat 10 minute tot dik en stroperig. Laat afkoel. Haal kaneelstokkies uit voordat stroop oor die tert gegiet word.
Metode Vulsel
Verhit melk, suiker, botter en lemoenskil oor matige hitte. Voeg Tasty Wheat by net voordat die melk begin kook en roer aanhoudend totdat die vla dik en romerig is. Haal van stoof af. Laat afkoel voordat die geklitste eiergele bygevoeg word. Haal die lemoenskil uit.
Metode Kors
Sit ‘n vel filodeeg in die bak sodat die boom en kante bedek is. Verf die deeg met gesmelte botter- Herhaal die proses met nog 6 velle filodeeg. Skep vlavulsel op die deeg en bedek met nog 6 velle filodeeg wat elkeen met botter geverf is. Sny 2 velle filodeeg in dun repies, versprei oor die filobolaag en sprinkel ‘n bietjie gesmelte botter en kaneelsuiker oor. Bak vir 45-50 minute tot goudbruin. Giet koue suikerstroop oor warm tert. Sny vierkante en sit louwarm voor.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 315 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *