Kaaskoek Tipe tert

Bestanddele Kors
1 pakkie tennisbeskuitjies                                                            
 2 groot lepels margarien/botter
Metode
smelt botter in mikrogolf of op plaat. Sit beskuitjies in plastieksak. Slaan/druk daarop totdat dit baie fyn is. Meng in tertbord met beskuitjies en druk vas as kors.
Bestanddele Vulsel
1 blikkie (410g) gunstelingvrugte (appelliefie/aarbei/koejawel)
1 koppie volgeprop met malvalekkers (marshmallows)
1 houertjie (koppie) vars room
Metode
Smelt die malvalekkers op die plaat- haal dan af, voeg ‘n bietjie van die vrugtestroop in die blik by, gooi die res weg of drink dit. Sny die vrugte (as dit groot is) in klein stukkies en voeg by. Klop room styf en vou dit daarby in, skep in die kors en sit in die yskas vir net 15 minute, en dien op. Ideaal vir onverwagte gaste. Dit kan sommer ‘n nagereg ook word in nood dien op met roomys.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 438 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *