Karamel Melktert

Bestanddele Kors
6 Mariebeskuitjies                                                                            
1 koppie (250ml) klapper
Knippie sout                                                                                        
½ koppie (125ml) sagte bruinsuiker
½ koppie (125ml) botter of margarien                     
½ koppie (125ml) koekmeelblom             
Bestanddele Vulsel
2 ekstra groot eiers, geskei                                                           
½ koppie (125ml) mielieblom
1 eetlepel (15ml) vlapoeier                                                           
2 ½ teelepel (12,5ml) botter4 koppies (1 liter) melk                                                                          
60g suiker
Knippie sout                                                                                        
1 teelepel (5ml) karamelgeursel
Metode
Rol Mariebeskuitjies fyn. Voeg die bruinsuiker, klapper, koekmeelblom en sout by en meng. Mikrogolf die botter ongeveer 1 minuut lank oop by 100 % krag in ‘n diep, mikrogolfvaste bak met ‘n volume van 2 liter net tot gesmelt. Voeg beskuitjiemengsel by en meng. Hou 2 eetlepels (30ml) van die beskuitjiemengsel eenkant. Druk die res van die beskuitjiemengsel met die agterkant van ‘n metaallepel vas teen die wand en op die bodem van ‘n tertbak met ‘n volume van 2 liter. Mikrogolf die kors 2 minute lank oop by 100% krag. Klits die eiergele en 200ml van die melk saam in dieselfde bak waarin die botter gesmelt is. Voeg mielieblom, suiker, vlapoeier en sout by en klits tot gemeng.  Voeg die res van die melk by. Mikrogolf die mengsel 12 minute lank oop by 100% krag tot gaar. Roer dit elke 2 minute goed. Roer die botter en karamelgeursel by. Klits die eierwitte tot styf, maar nie droog nie. Vou liggies met ‘n metaallepel by vulsel in. Giet die vulsel in die kors. Strooi die beskuitjiemengsel wat eenkant gehou is oor.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 296 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *