Bestanddele Kors
Halwe pakkie Nutty Crust-beskuitjies, gekrummel
5 teelepels (25ml) botter, gesmelt
Bestanddele Vulsel
1 blikkie (380g) karamel (Caramel Treat)
½ koppie (125ml) vars room
1 eetlepel (15ml) gelatien, opgelos in ‘n ½ koppie (125 ml) water
2 teelepels (10ml) karamelgeursel
2 sakkies Orley Whip
1 koppie (250ml) geroomde maaskaas
½ koppie (125ml) strooisuiker
Metode Kors
Meng die beskuitjiekrummels en botter en druk dit vas in ‘n gesmeerde losboompan, 24cm in deursnee.
Metode Vulsel
Klop elkeen van die twee rome afsonderlik styf en hou eenkant. Klop die karamel en maaskaas saam. Roer die opgeloste gelatien, stooisuiker en geursel by die karamelmaaskaasmengsel. Vou die 2 styfgeklopte rome in en giet die mengsel in die kors. Laat stol oornag in yskas.
(Visited 2,411 times, 1 visits today)
Advertisements