Koejawel-yskastert

Bestanddele
1 groot blik (820g) koejawels, gedreineer (behou stroop) en gesnipper
1 pakkie rooi jelliepoeier
1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in yskas verkoel
2 pakkies Tennisbeskuitjies                                                        
geklopte room (opsioneel)
Metode
Giet die koejawelstroop in ‘n kastrol en laat opkook. Verwyder van die stoof en voeg die jelliepoeier by. Roer goed tot opgelos en laat ‘n bietjie afkoel. Klop intussen die ingedampte melk styf. Voeg die afgekoelde koejawelstroopmengsel by en meng goed.
Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n reghoekige bak, dan ‘n laag koejawels en laastens ‘n laag melkmengsel. Herhaal die lae. Strooi beskuitjiekrummels oor of versier met geklopte room, indien verkies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 4,975 times, 10 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *