Koffie karameltert

Bestanddele Tert
4 eiers                                                                                                    
¼ teelepel sout
2 eetlepels botter                                                                            
 2 eetlepels Ricoffy koffiepoeier
½ koppie suiker 5 eetlepels water                                             
5 eetlepels melk 1 eetlepel Vanielje
2 teelepels (Hoog Vol) bakpoeier                                              
1 en ½ koppie koekmeel
Metode
Klits suiker en eiers tot room, voeg sout by. Smelt botter, voeg melk, water en vanielje by en verhit. Voeg koffiepoeier by warm melkmengsel. Voeg nou gesifte meel en die melkmengsel om die beurt by die eiermengsel en klits goed. Laastens word die bakpoeier oor die mengsel gestrooi en goed ingevou. Bak in reghoekige bak (oondpan) vir 30min. by 180 ºC.
Bestanddele Koffiestroop
4 koppies water                                                                               
 ½ koppie suiker
4 eetlepels Ricoffy koffiepoeier                                                 
1 eetlepel vanielje
½ koppie brandewyn
Metode Stroop
Kook alles saam vir 5 min
Metode Tert
Wanneer tert uit oond gehaal word, prik met ‘n vurk, gooi warm stroop oor en laat goed afkoel. Smeer 1 blikkie Karamelkondensmelk oor die koue tert.
Bestanddele en Metode Room Bo Laag
1 pakkie kits Karamelpoeding
2 koevertjies Orley Whip of 250ml Stork Cremendous (Dessert Cream)
1 koppie Melk
Metode Bolaag
Klits die room tot styf. Klits die poeding en die 1 koppie melk saam, laat staan vir 2 minute. Klits nou die 2 saam. Smeer oor die karamellaag. Rond af met sjokolade krummels, skilfers of vermicelli.
Wenk
Hou die tert in die yskas
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 438 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *