Kondensmelktert (1)

Bestanddele
1 blikkie (397 g) kondensmelk                                    
 6 eetlepels (90ml) mielieblom
1 teelepel (5ml) margarien                                                         
Tennisbeskuitjies
3 koppies (750ml) water                                                              
2 eiers, geskei
1 teelepel (5ml) vanielje
Metode
Verhit die kondensmelk en water. Meng die mielieblom met ‘n bietjie water en roer dit by die melk. Roer die mengsel tot dit dik word en verwyder van die hitte. Voeg die geklitste eiergele by en laat die mengsel weer kook tot dit gaar is. Voeg botter en geursel by. Pak ‘n laag beskuitjies in ‘n tertbord en gooi die helfte van die vulsel oor. Pak nog ‘n laag beskuitjies en gooi die res van die vulsel oor. Rol die res van die beskuitjies fyn en sprinkel oor die tert. Versier met kersies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 405 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *