Korslose melktert 2

Bestanddele
4 koppies (1 liter) melk                                                   
skil van ‘n ½ suurlemoen of lemoen
1 koppie (250ml) koekmeel                                                          
1 ml sout
4 eiers, geskei                                                                                    
2 teelepels (10ml) fyn kaneel
½ kaneelstokkie                                                                                
3 eetlepels (45ml) botter
1 koppie (250ml) suiker                                                                  
1 ½ teelepels (7,5ml) bakpoeier
½ teelepel (2,5ml) amandelgeursel
Metode
Verhit melk, kaneel, suurlemoenskil en botter tot kookpunt en laat 20 minute trek. Meng meel, suiker, sout en bakpoeier. Dreineer melkmengsel en voeg by die eiergele. Klop melkmengsel by die meelmengsel. Voeg amandelgeursel by. Plaas mengsel terug op die stoof en verhit oor matige hitte tot kookpunt. Roer met ‘n houtlepel. Moenie bekommerd wees as ‘n paar klonte vorm nie, klits dit glad met ‘n klitser nadat die eierwitte geklop is.
Smeer tertbak mildelik met sagte botter. Sprinkel met brood-, koekie- of beskuitkrummels. (Hawermout of muesli kan ook gebruik word.) Klop eierwitte met ‘n druppel asyn of suurlemoensap tot dit hul vorm behou en sagte punte vorm. Klits melktertmengsel om klonte te verwyder. Vou eierwitte in die tertmengsel en gooi in tertbak(ke). Sprinkel met kaneel. Bak 25- 35 minute by 190 ºC. Skakel die oond af en laat 15 minute in die warm oond afkoel. Sit warm of by kamertemperatuur voor.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 811 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *