Maaskaas tert 1

Bestanddele
1 houer gladde maaskaas                                                              
1 blikkie kondensmelk
1 pakkie kits poeding (vir die eintlike resep sê hulle vanilla kitspoeding, maar jy kan ander geure ook gebruik en dan gee dit ‘n heel ander en lekker smaak aan die tert)
1 pakkie Mariebeskuitjies                                                            
 botter
kaneel
Metode
Klits die maaskaas en kondensmelk saam tot goed gemeng. Gooi nou die kitspoeding poeier bo-oor en klits vir 1 minuut lank. Maak die Mariebeskuitjies fyn en meng met gesmelte botter en gooi ‘n bietjie kaneel by. Vat ‘n tertbord, druk die koekie mengsel plat op die bodem. Gooi nou die maaskaas mengsel daarin. Vir versiering kan jy of gerasperde sjokolade bo-oor sit, of gebruik sommer ‘n flake wat fyn gemaak is. Sit dit in die yskas om te stol.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 319 times, 3 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *