Maaskaas tert 2

Bestanddele
2 x 250g geroomde maaskaas
1 blik kondensmelk
1 eetlepel suurlemoensap
1 blik vrugte (youngberry, arbeie, gemengde vrugte, lychees)
1 rolkoek
vlapoeier of mielieblom (so vir +- 2 koppies sous 3 eetlepels vlapoeier of mielieblom)

Metode
Klits kondensmelk, maaskaas, suurlemoensap saam tot dik. Pak ‘n laag rolkoek in bak.
Gooi mengsel oor en maak gelyk. Smeer vrugte daaroor. Gooi vrugtesap in kastrol en kook. Verdik met vlapoeier of mielieblom. Gooi oor tert en verkoel in yskas.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 496 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *