Malva-Yskastert

Bestanddele
½ pakkie Mariebeskuitjies                                                            
20 Malvalekkers, gesnipper
10 Glanskersies, gehalveer                                                           
4 Piesangs, fyngemaak
1 blik (410g) ingedampte melk, oornag in yskas verkoel
Metode
Pak die bodem en kante van ‘n reghoekige tertbak met Mariebeskuitjies. Meng die gesnipperde malvalekkers met die kersies en piesang. Klop die ingedampte melk tot styf en meng alles saam. Skep die mengsel op die Mariebeskuitjies. Plaas in die yskas tot yskoud en gestol. 
NOTA
Ek dink ‘n mens moet ‘n paar druppels suurlemoensap oor die piesangs gooi om te verhoed dat dit kleur.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 605 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *