Suurlemoen-Yskastertjie

(Bianca Botha)
Bestanddele
1 blik (397g) kondensmelk                                                            
500ml klapper
125ml margarien by kamertemperatuur                                
 60ml suurlemoensap
2 pakkies (200g elk) tennisbeskuitjies                    
Bestanddele Versiersel
625ml versiersuiker                                                                          
30ml suurlemoensap
30ml kookwater
Metode
Voer ‘n bakplaat van 22cm x 35cm met waspapier uit. Meng die kondensmelk, klapper, margarien en suurlemoensap goed. Pak ‘n laag tennisbeskuitjies op die voorbereide bakplaat. Smeer dan die kondensmelkmengsel oor en pak weer ‘n laag tennisbeskuitjies bo-op. Meng al die bestanddele vir die versiersel en smeer dit bo-oor. Laat dit sowat 2 uur in die yskas staan en sny dit dan in sowat 30 blokkies. Geniet vinnige en heerlike somer soet happies.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 291 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *