Boereworspastei

Bestanddele 
500g boerewors (oorskiet van braai werk goed)                 
3 eiers,geklits
1 klein blikkie soetmielies                                                              
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte smash)
1 koppie gerasperde cheddarkaas
Metode
Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe. Kook aartappels tot gaar. Druk fyn. Geur met ‘n klontjie botter en ‘n bietjie melk. Voeg soetmielies, ¼ van die kaas en geklopte eiers by.
Klop mengsel tot romerig. Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep aantappelmengsel oor. Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor. Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 78 times, 1 visits today)
Advertisements
 

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *