Cremora yskastert

Bestanddele
500g sakkie cremora                                                                        
1 koppie yskaswater
2 blikkies kondensmelk                                                                  
250ml suurlemoensap
1 pakkie tennisbeskuitjies 
Metode
Gooi cremora in mengbak. Voeg yskaswater by (dit moet yskaswater wees) en klits tot glad. Voeg kondensmelk by en hou aan met klits. Voeg nou die suurlemoensap by, nie alles op een slaag nie, anders word dit nie styf nie. Klits die heeltyd en gooi so kort-kort’n spuit suurlemoensap by. Dit moet so ongeveer 15 min. neem om die hele botteltjie in te spuit. Teen die tyd is die mengsel baie dik. Pak tennisbeskuitjies in bak uit en skep mengsel bo-oor (druk beskuitjies aan een kant vas anders skuif hulle) krummel beskuitjies bo-oor. Dit kan dadelik geëet word of dit kan in die yskas gebêre word.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 520 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *