Eier Souttert

Met vergunning van Anna Eksteen
Bestanddele
4 tamaties, geskil en in dik skywe gesny                               
25ml vars pietersielie, fyn gekap
50ml droë broodkrummels                                                         
6 eiers, geklits
1ml varsgemaalde swartpeper                                  
100ml bier
6 hard gekookte eiers, afgedop en in skywe gesny          
1 ui, fyn gekap
2 ½ teelepels (12,5ml) botter of margarien                          
1 teelepel (5ml) sout
1 koppie (250ml) room
Metode
Voorverhit oond tot 180 ºC. Rangskik die tamatieskywe op die boom van ‘n goed gesmeerde oondskottel. Strooi die ui en pietersielie oor die tamatieskywe en rangskik die eierskywe bo-op. Strooi die broodkrummels oor die eierskywe en smeer met botter of margerien. Klits die res van die bestanddele saam en gooi dit versigtig oor die inhoud van die oondskottel. Bak dit 45-50 minute op die middelste oondrak totdat dit ferm is. Bedien warm met ‘n mengelslaai.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 239 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *