Korslose Ham en Kruie Souttert

Bestanddele
1 koppie (250ml) gekapte pietersielie                      
62ml gekapte origanum
3 eiers                                                                                                    
1 teelepel (5ml) sout
½ koppie (125ml) gerasperde cheddarkaas                           
2 eetlepels (30ml) botter             
½ koppie (125ml) gekapte sprietuitjies                    
150 g gaar ham, in blokkies
½ teelepel (2,5ml) vars gemaalde swartpeper    
 1 koppie (250ml) melk of jogurt
1 koppie (250ml) vars broodkrummels
Metode
Kap die kruie baie fyn in ‘n voedselverwerker. Voeg die ham by en kap grofweg. Voeg die eier, melk, sout en peper by en meng net deur. Smeer ‘n ronde tertbord van 25cm deursnee mildelik met botter. Sprinkel die helfte van die broodkrummels in die bak. Kantel en skud om die kante en boom goed te bedek. Gooi die eiermengsel in die bak.  Smelt orige botter, voeg die res van die broodkrummels by en meng deur. Voeg dan kaas by en meng deur. Sprinkel krummelmengsel oor die eiermengsel in die bak. Bak 30 minute lank by 180 ºC tot net gestol en effens goudbruin bo- op.
Print Friendly, PDF & Email
(Visited 335 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *