Maalvleisverrassing

Bestanddele
500g maalvleis                                                                    
1 ui (gekap)
1 klein blikkie gemengde groente, gedreineer    
 250ml rou rys
1 blik minestronesop                                                                      
500ml kookwater
50ml tamatiesous gemeng met 5ml kerriepoeier                
Sout na smaak

Metode
Voorverhit die oond tot 180 °C. Plaas die maalvleis in die kastrol en roer oor matige hitte slegs tot die vaalvleis los is, nie gaar. Plaas die maalvleis in ‘n dieperige 3 liter oondskottel, met ‘n deksel. Voeg die res van die bestanddele in lae by, in die volgorde waarin dit aangegee is. Bedek en bak vir 60 min. of tot rys gaar is.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 187 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *