Bestanddele
6-8 Hoenderstukke
Kookolie
3 uie in kwarte gesny
3 geelwortels
250g jong murgpampoentjies, gehalveer
250ml gesnipperde groenbone
10 klein aartappeltjies geskil
1 pakkie bruin uiesoppoeier
25ml blatjang
5ml Paprika
12.5ml Worcestersous
25ml Mayonnaise
125ml droë wit wyn
Sout en peper
Metode
Braai die hoender in die olie tot ligbruin. Verlaag die hitte en voeg die groente in die volgorde by: Ui, wortels, groenboontjies, murgpampoentjies en aartappeltjies. Meng die res van die bestanddele en giet oor die groente. Sit deksel op en prut 1 – ½ uur. Voeg nog water by.